Your Recipe Blog

GLUTENVRYE GEMMERKOEKIES

Recipe by
Cook: 12 min

GLUTENVRYE GEMMERKOEKIES

  • 110 g margarien (kamertemperatuur)
  • 1 koppie suiker
  • 1 eier
  • 60 ml gouestroop
  • 2 koppies glutenvrye meel
  • 1 hoë teelepel gemmerpoeier
  • 1 teelepel gemende speserye
  • 1 teelepel koeksoda
  • ½ teelepel xantham gum (2 ½ ml)
  • knippie sout

Verhit die oond tot 180°C.
Room die margarien, suiker, eier en stroop saam.
Voeg  die res van die bestanddele by en meng goed.
Los dit oornag in die yskas. ( Baie belangrik)
Rol balletjies en druk baie liggies effens platter.
Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak 12 minute.
Nota:
Die koekies is sag wanneer hulle warm is, maar word hard as hulle afkoel.

Resep en foto: Marie Grobler

 

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page