GLUTENVRYE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Marie Grobler
- 110 g margarien, kamertemperatuur
- 1 koppie suiker
- 1 eier
- 60 ml gouestroop
- 2 koppies glutenvrye meel
- 1 hoë teelepel gemmerpoeier
- 1 teelepel gemende speserye
- 1 teelepel koeksoda
- ½ teelepel xantham gum (2 ½ ml)
- knippie sout
Verhit die oond tot 180°C.
Room die margarien, suiker, eier en stroop saam.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Los dit oornag in die yskas. (Baie belangrik)
Rol balletjies en druk baie liggies effens platter.
Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak 12 minute.
Nota:
Die koekies is sag wanneer hulle warm is, maar word hard as hulle afkoel.












