Your Recipe Blog

GEURIGE KERRIEMAALVLEIS

GEURIGE KERRIEMAALVLEIS

  • kook- of olyfolie
  • 2 uie, opgekap
  • 15 ml kerriepoeier
  • 3 ml komyn
  • 3 ml fyn gemmer
  • 3 ml fyn koljander
  • 5 ml borrie
  • 1 heel kaneelstok
  • 800 g maalvleis
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml blatjang
  • 15 ml tamatiepasta
  • 2 tamaties ontvel en fyn gekap OF halwe blikkie (400 g) tamaties
  • 1 – 2 aartappel in blokkies gesny, opsioneel
  • 125 ml ertjies, opsioneel

Verhit die olie in ‘n pan of kastrol en sorteer die ui daarin tot sag en glasig.
Voeg die speserye by en roerbraai ‘n verdere minuut lank.
Voeg die maalvleis by en braai totdat vleis gaar is.
Geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele by (asook aartappel blokkies en ertjies indien gebruik).
Verlaag die hitte, bedek en laat stadig prut tot geure goed gemeng is en aartappels sag is.
Bedien saam met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page