Your Recipe Blog

GEURIGE KERRIEMAALVLEIS

GEURIGE KERRIEMAALVLEIS

Resep en foto: Amanda Austen

  • kook- of olyfolie
  • 2 uie, opgekap
  • 15 ml kerriepoeier
  • 3 ml komyn
  • 3 ml fyn gemmer
  • 3 ml fyn koljander
  • 5 ml borrie
  • 1 heel kaneelstok
  • 800 g maalvleis
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml blatjang
  • 15 ml tamatiepasta
  • 2 tamaties ontvel en fyn gekap OF halwe blikkie (400 g) tamaties
  • 1 – 2 aartappel in blokkies gesny, opsioneel
  • 125 ml ertjies, opsioneel
  • Verhit die olie in ‘n pan of kastrol en sorteer die ui daarin tot sag en glasig.
  • Voeg die speserye by en roerbraai ‘n verdere minuut lank.
  • Voeg die maalvleis by en braai totdat vleis gaar is.
  • Geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele by (asook aartappel blokkies en ertjies indien gebruik).
  • Verlaag die hitte, bedek en laat stadig prut tot geure goed gemeng is en aartappels sag is.

Bedien saam met rys.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page