GEMARINEERDE BOKKOMS OF VISBILTONG
Die hoeveelheid van bestanddele is volgens eie smaak en keuse.
- bokkoms
- agurkies, opgesny in repies
- uitjies, gesny in skywe
- peppadews, opgesny in repies
- olyf olie
- suurlemoenpeper
- knoffel en kruie speserye
Vlek die bokkoms oop en maak dit skoon.
Deel elke vissie in 2 en plaas agurkies, uitjies of peppadews na keuse in die middel van die vissie.
Rol die vissie op met die vulsel en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
Geur die olyfolie met die suurlemoenpeper of knoffel en kruie spesery na smaak en marineer die gevulde visrolletjies in die olie.
Wanneer jy dit wil gebruik, haal die gerolde vissies uit die olyfolie en druk droog met handdoekpapier.
Dis heerlik net so of kan met slaai bedien word, as voorgereg met Bruschetta of Provita, maaskaas gaan ook lekker saam met dit en ook tamatie-rissiekonfyt.
Nota en foto 2:
Jy kan ook die skoongemaakte bokkoms opsny in dun repies en inlê in die gegeurde olyfolie, Ina Paarman se speserye smaak ook lekker in die olie.
Resep en fotos: Mara Swanepoel













