GEMARINEERDE BOKKOMS OF VISBILTONG
Resep en foto’s: Mara Swanepoel
Die hoeveelheid van bestanddele is volgens eie smaak en keuse.
- bokkoms
- agurkies, opgesny in repies
- uitjies, gesny in skywe
- peppadews, opgesny in repies
- olyf olie
- suurlemoenpeper
- knoffel en kruie speserye
- Vlek die bokkoms oop en maak dit skoon.
- Deel elke vissie in 2 en plaas agurkies, uitjies of peppadews na keuse in die middel van die vissie.
- Rol die vissie op met die vulsel en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
- Geur die olyfolie met die suurlemoenpeper of knoffel en kruie spesery na smaak en marineer die gevulde visrolletjies in die olie.
- Wanneer jy dit wil gebruik, haal die gerolde vissies uit die olyfolie en druk droog met handdoekpapier.
- Dis heerlik net so of kan met slaai bedien word, as voorgereg met Bruschetta of Provita, maaskaas gaan ook lekker saam met dit en ook tamatie-rissiekonfyt.
- Nota en foto 2:
- Jy kan ook die skoongemaakte bokkoms opsny in dun repies en inlê in die gegeurde olyfolie, Ina Paarman se speserye smaak ook lekker in die olie.
Category:













