Your Recipe Blog

GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE

  • Kors:
  • 250 ml mieliemeel
  • 150 ml koekmeel
  • 50 ml mielieblom (Maizena)
  • 3 ml sout
  • 120 ml margarien
  • 2 eiers (ek het 1 gebruik)

Sif droë bestanddele, vryf margarien met vingerpunte tot broodkrummel beslag.
Voeg eiers een vir een by, as een genoeg is om die mengsel te bind, moet nie nog een insit nie.
Druk deeg in goedgesmeerde quiche pan (30 cm) vas.

  • Vulsel
  • Garnaal sterte (prawn tails) (myne was groot so het so 2 koppies vol ingegooi)
  • 1 pakkie 250 g sampioene, gesny
  • 3 eiers
  • 250 ml room
  • sout en peper
  • 10 ml suurlemoensap
  • 100 g gerasperde cheddarkaas
  • 1 blik aspersies
  • droë pietersielie

Braai die sampioene in ‘n pan met bietjie olie, sit die garnale by en braai tot gaar (garnale word baie vinnig gaar).
Meng die eiers, room, sout, peper, suurlemoensap en gerasperde cheddarkaas en voeg die garnaal en sampioene by. Roer deur en skep in kors.
Pak aspersies bo-op, sprinkel pietersielie oor en bak by 180ºC vir 30 min of tot gestol.

Resep en foto: Heidi Rowe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page