GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE
Resep en foto: Heidi Rowe
- Kors:
- 250 ml mieliemeel
- 150 ml koekmeel
- 50 ml mielieblom (Maizena)
- 3 ml sout
- 120 ml margarien
- 2 eiers (ek het 1 gebruik)
- Sif droë bestanddele, vryf margarien met vingerpunte tot broodkrummel beslag.
- Voeg eiers een vir een by, as een genoeg is om die mengsel te bind, moet nie nog een insit nie.
- Druk deeg in goedgesmeerde quiche pan (30 cm) vas.
- Vulsel
- Garnaal sterte (prawn tails) (myne was groot so het so 2 koppies vol ingegooi)
- 1 pakkie 250 g sampioene, gesny
- 3 eiers
- 250 ml room
- sout en peper
- 10 ml suurlemoensap
- 100 g gerasperde cheddarkaas
- 1 blik aspersies
- droë pietersielie
- Braai die sampioene in ‘n pan met bietjie olie, sit die garnale by en braai tot gaar (garnale word baie vinnig gaar).
- Meng die eiers, room, sout, peper, suurlemoensap en gerasperde cheddarkaas en voeg die garnaal en sampioene by. Roer deur en skep in kors.
- Pak aspersies bo-op, sprinkel pietersielie oor en bak by 180ºC vir 30 min of tot gestol.

