BOELIEBIEF AARTAPPELGEREG
- aartappels ( soveel soos nodig vir die hoeveelheid mense)
- knoffel
- sagte botter of margarien
- boeliebief fyn gemaak of blokkies gesny
- gerasperde kaas
- ui
- blatjang
Maak die aartappels in hulle skil gaar in die mikrogolf.
Skil die aartappels en sny ronde skywe.
Pak ‘n laag in ‘n oondbak.
Sny vars knoffel fyn en meng met sagte botter of margarine.
Plaas ‘n bietjie op elke aartappel.
Sny ‘n ui in ringetjies en braai in bietjie botter of margarien tot sag.
Meng boeliebief by en braai vir ’n paar minute.
Voeg ‘n bietjie blatjang by.
Skep bo op aartappels.
Rasper kaas oor.
Bak in oond todat kaas gesmelt en mooi bruin is.
Resep en foto: Petro Labuschagne












