Your Recipe Blog

BILTONG BROODJIES

BILTONG BROODJIES

Ek is duidelik nie ‘n voedsel stylis nie. Ek het hierdie biltong broodjies gemaak vir ‘n padkos bederf.

  • Wit brood (dikker snye, en die brood moet so 2-3 dae oud wees)
  • Cream crackers
  • Melrose smeer (ek koop altyd as dit op “special” is)
  • Bovril
  • Fyn biltong
  • Margarie – Stork Country Spread (ek los dit die vorige aand buite dat dit lekker sag is)

Sny die brood korsies af.
Sny elke snytjie in vier eweredige stukkies (so na as moontlik; nie die einde van die wêreld as dit nie perfek is nie).
Sny elke Cream cracker ook in 4.
Smeer een vierkantjie met Bovril en een met smeerkaas. Sit op mekaar met ‘n stukkie van die cream crackers tussenin (moet so 2/3 van die broodjies se grootte wees).
Smeer dan al ses kante van die klein “toebroodjie” met margarine en rol in die fyn biltong.
Verpak in plastiek houer en geniet vir padkos.
Nota:
Jy kan net Bovril of net smeerkaas gebruik as jy wil.
My ma gebruik soms grondboontjie botter en Bovril saam en dit is vreemd lekker.

Resep en foto: Riana Dippenaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page