Your Recipe Blog

BILTONG BROODJIES

BILTONG BROODJIES

Resep en foto: Riana Dippenaar
Ek is duidelik nie ‘n voedsel stylis nie. Ek het hierdie biltong broodjies gemaak vir ‘n padkos bederf.

  • wit brood (dikker snye, en die brood moet so 2 – 3 dae oud wees)
  • Cream Crackers
  • Melrose smeer (ek koop altyd as dit op “special” is)
  • Bovril
  • fyn biltong
  • margarien – Stork Country Spread (ek los dit die vorige aand buite dat dit lekker sag is)
  • Sny die brood korsies af.
  • Sny elke snytjie in vier eweredige stukkies (so na as moontlik; nie die einde van die wêreld as dit nie perfek is nie).
  • Sny elke Cream Cracker ook in 4.
  • Smeer een vierkantjie met Bovril en een met smeerkaas. Sit op mekaar met ‘n stukkie van die cream crackers tussenin (moet so ⅔ van die broodjie se grootte wees).
  • Smeer dan al ses kante van die klein “toebroodjie” met margarien en rol in die fyn biltong.
  • Verpak in plastiek houer en geniet vir padkos.

Nota:
Jy kan net Bovril of net smeerkaas gebruik as jy wil.
My ma gebruik soms grondboontjie botter en Bovril saam en dit is vreemd lekker.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page