AARTAPPEL SKILLIES
Ek ontdek ‘n stuk netvet innie vrieskas en ek moés toe iets daarmee maak.
- 4 medium aartappels, gaar gekook
- netvet, genoeg om die aartappels apart toe te draai
- sout en swartpeper na smaak
- rissievlokkies na smaak
- Jimmy sous na smaak
Dop die velletjies af van die gaar afgekoelde aartappels.
Plaas dit op ‘n groot genoeg stukkie netvet om dit mee toe te draai.
Druk en kneus die aartappel met die palm van jou hand tot die aartappel effe plat en gekraak is.
Besprinkel die aartappel met sout, swartpeper en rissievlokkies na smaak.
Draai die aartappel mooi toe met die netvet.
Braai die toegevoude aartappel op ‘n rooster oor kole, aan beide kante tot mooi bruin, krakerig en die vetjies lekker opgesuig is deur die aartappel.
Smeer dit met ‘n bietjie Jimmy sous en siedaar ‘n heerlike aartappel skillie.
Dit was baaaaie lekker as ‘n bykos saam met porkbellie wat gestaanbraai was.
Resep en foto: Gideon Louw