AARTAPPEL SKILLIES
Resep en foto: Gideon Louw
Ek ontdek ‘n stuk netvet innie vrieskas en ek moés toe iets daarmee maak.
- 4 medium aartappels, gaar gekook
- netvet, genoeg om die aartappels apart toe te draai
- sout en swartpeper na smaak
- rissievlokkies na smaak
- Jimmy sous na smaak
- Dop die velletjies af van die gaar afgekoelde aartappels.
- Plaas dit op ‘n groot genoeg stukkie netvet om dit mee toe te draai.
- Druk en kneus die aartappel met die palm van jou hand tot die aartappel effe plat en gekraak is.
- Besprinkel die aartappel met sout, swartpeper en rissievlokkies na smaak.
- Draai die aartappel mooi toe met die netvet.
- Braai die toegevoude aartappel op ‘n rooster oor kole, aan beide kante tot mooi bruin, krakerig en die vetjies lekker opgesuig is deur die aartappel.
- Smeer dit met ‘n bietjie Jimmy sous en siedaar ‘n heerlike aartappel skillie.
Dit was baaaaie lekker as ‘n bykos saam met porkbellie wat gestaan-braai was.












