VLAVERSIERSEL VIR KOEKE
Hier is daardie heerlike vlaversiering wat jy vir ‘n vlakoek gebruik, ek vul ook graag eclairs en doppies met hierdie vulsel.
- 500 ml vars melk
- 75 ml vlapoeier
- 1 ml sout
- 125 g baie sagte margarien (verkieslik ‘n bak margarien) of botter
- 250 ml strooisuiker
- 5 ml vanilla geursel
- Sjokolade variasie:
- 90 ml kakaopoeier
Verhit 400 ml melk tot kookpunt, meng die sout, vlapoeier en die oorblywende 100 ml melk goed.
Voeg by die kookmelk en roer goed.
Kook so 2 tot 3 minute tot dik en gaar. Verwyder van plaat, klits baie goed en laat afkoel tot amper koud.
Room margarien of botter met strooisuiker tot lig en donsig.
Voeg vanilla geursel by.
Klits die koue vla goed en voeg by strooisuikermengsel. Klop tot lig en donsig, dit is nou reg om te gebruik.
As jy ‘n sjokolade vla wil maak voeg die kakaopoeier heel aan die einde by en klop baie goed.
Ek gebruik “Ma Pop se Sjokoladekoek” resep of die Oliekoek resep en versier dit met hierdie vla.
https://yourrecipeblog.com/recipes/ma-pop-se-sjokoladekoek/
Resep en foto: Magda van der Merwe
heerlik lig en nie so soet nie..