Your Recipe Blog

MA POP SE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

MA POP SE SJOKOLADEKOEK

  • Sif die volgende saam:
  • 3 koppies koekmeel
  • 6 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 5 ml fyn gemmer
  • Meng die volgende saam en laat effens afkoel:
  • 1 ½ koppies kookwater
  • ¾ koppie sonneblomolie
  • 125 ml kakao poeier
  • Klop die volgende saam tot skuimerig:
  • 5 ekstra groot eiers
  • 2 koppies witsuiker
  • 5 ml vanilla geursel

Voeg nou die meelmengsel en natmengsel beurtelings by die eiermengsel, meng op teen ‘n lae spoed tot deurgemeng (moet nie te veel klop nie).
Skep in 2 x 23 of 26 cm panne en bak vir 35 min op 180°C.
Keer uit sodra die koeke gaar toets en laat afkoel.
Gebruik enige versiering om mee te versier.
Let wel as jy ‘n vanillakoek wil bak, los net kakao en gemmer uit.

VIR  KOEK  MET  PEPPERMINT VERSIERSEL.
Laat die 5 ml gemmer uit en voeg 2.5 ml pepperment geursel by.
Bak die koek soos bo verduidelik en laat afkoel.
Versier met die volgende versiersel.

  • Versiering:
  • 1 blik Nestle karamel
  • 1 medium plak pepperment Aero, fyngerasper
  • 60 ml suurlemoensap
  • 500 ml vars room

Meng die karamel, gerasperde sjokolade en suurlemoensap goed saam.
Klop die vars room styf en vou in by die karamelmengsel, versier die koek en rond af met fyngerasperde pepperment Aero.
Bogenoemde vulsel word ook gebruik vir ‘n pepperment Aero tert met ‘n kors van tennisbeskuitjies.

Bron en foto’s: Magda Van Der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5