VERSKIL TUSSEN MELKPOEIERS EN KOFFIE VERROMERS
NA AANLEIDING VAN die NAVRAAG of daar ‘n VERSKIL is TUSSEN CREMORA/ELLIS BROWN KOFFIEVERROMERS en MELKPOEIER.
Daar is baie beslis ‘n gróót verskil!
Koffieverromers:
Het jy geweet dat die Cremora wat jy in jou koffie en dalk ook warm sjokolade drankie gebruik, géén melk bevat nie? Dis gemaak van Palmolie (Coconutolie)!
Hoekom koffieverromers nie goed is vir jou nie:
Dit word gemaak van: Glukosestroop, palmolie, TBHQ (sintetiese antioksidant), stabiliseerders (E340, E331, E452 – kaliumfosfaat, trisodiumsitraat, polifosfate), gehidroliseerde koringproteïen (gluten), natriumkaseïnaat, ‘n melkafgeleide klontwerende middel (E170i – kalsiumkarbonaat), emulsifiseerder (E481, natriumstearoïl-laktilaat) en roomgeursel. (Enige produk met “E-nommers” as bestanddele dui op ‘n baie definitiewe rooi
vlag, wat “Chemies” aandui!).
Dit bevat hoë vlakke van verfynde suiker, stroop of mieliestroop met hoë vlakke fruktose, wat bydra tot:
• gewigstoename
• hoër risiko van tipe 2-diabetes
• tandbederf
• onnatuurlike of ultra-verwerkte bestanddele
• stabilisators
• emulgators
• kleur- en geurmiddels
• verdikkingsmiddels
• ongesonde vetsoorte (transvette of palmolie)
Baie nie-suiwel koffieverromers gebruik gedeeltelik gehidrogeneerde olies of palmolie.
Kan transvette bevat, hoë % versadigde vette → verhoog LDL (“slegte”) cholesterol, kalorieë wat jou maklik laat gewig optel. ’n “Skeppie” verromer kan 30- 59 kalorieë hê. Dit klink min, maar as jy 3 – 4 koppies koffie per dag drink, raak dit baie! (it all adds up!) En wees eerlik – as jy jou daaglikse kalorieë tel, wil jy régtig soveel kalorieë gebruik per teelepel Cremora?!)
2 teelepels Cremora bevat:
• 59 kalorieë
• 47 % carbs
• 30 % vet
• 0 % protein
Dit is relatiewe hoë (en leë!) kalorie intensiteit, met 736 kalorieë per 100g. Min of geen voedingswaarde in vergelyking met melk. Geen kalsium of proteïen. Geen natuurlike vitamiene soos B12 of riboflavien. Baie soet en “verslawend” lekker. Die geurmiddels en versoeters moedig mense aan om meer te gebruik, wat ’n gewoonte kan word waarsonder jy later nie meer jou koffie wil drink nie.
Alternatiewe wat beter is:
• volroom- of laevetmelk
• regte melkpoeier
• onversoete amandel-, hawer- of sojamelk
Melkpoeier
Melkpoeier is gedehidreerde melk – melk (volroom, afgeroom of halfvol) waarvan die water onttrek is. Dit bevat geen ongesonde palmolie of bygevoegde suikers nie. Ook geen preserveermiddels, kleursels, kunsmatige byvoegings of E-nommer byvoegings nie.
Bestanddele:
• volroommelk, sojalesitien.
• verryk met vitamiene A, B2, B12, C,
biotien en foliensuur.
Voedingswaarde:
Bevat natuurlike melkvet (as volroom), proteïen, laktose en ander melkbestanddele.
Gebruik:
Kan aangemaak word met water om soos gewone melk te gebruik, of direk in koffie, tee of kos gesit word.
Smaak:
Regte melksmaak.
Kort opgesom:
Kommersiële koffieverromers is nie gevaarlik in báie klein hoeveelhede nie, maar hulle is ultra-verwerk en dikwels vol suiker, ongesonde vette en kunsmatige bymiddels en preserveermiddels wat baie beslis nie goed is vir jou liggaam en gesondheid nie. Dit maak hulle baie beslis minder gesond as gewone melk of eenvoudige room.
BELANGRIKE NOTA :
So, wanneer ‘n resep vra vir “poeiermelk”, kan dit baie beslis nie vervang word met ‘n koffieverromer nie, maar moet régte poeiermelk soos KLIM, Nespray, ens gebruik word.
Inligting geplaas en foto: Michelle Polley












