VEERLIGTE LEMOENKOEK
Hier is my veerligte lemoenkoek gebaseer op my vlakoek se resep.
- Beslag:
- 4 eiers, geskei
- 1 koppie suiker
- ½ koppie lemoensap, en skil fyn gerasper van 1 lemoen, het somer selfde lemoen se skil eers gerasper en toe sap uitgedruk
- 1 koppie koekmeel plus 2 eetlepels meel hoogvol
- 1 teelepel bakpoeier
Sif droë bestanddele saam.
Klits suiker, eiergele en lemoensap tot lig en donsig, en tot alle suiker op gelos is.
Klits die eierwitte styf en hou eenkant.
Vou die droë bestanddele in by die suikermengsel met ‘n spatula, vou die styf geklitste eierwitte ook in, moenie nie roer of meng nie, vou net in tot goed gemeng.
Verdeel in 3 of 4 gesmeerde panne. (20 cm)
Bak in 170°C vir ± 25 min en toets maar vir gaarheid, areas en meel vog inhoud verskil.
Keer uit op ‘n afkoel rak.
- Vulsel:
- 1 pakkie vanilla poeding
- 1 koppie yskoue volroom melk
- 1 koppie Choice room
- gerasperde lemoenskil, opsioneel
- Ekstra:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
- paar lemoen, in skywe gesny
Meng die vanillapoeding met die yskoue melk.
Klits dan 1 koppie Choice boxie room tot styf en voeg by vanillemengsel, ek het nog lemoenskil in gerasper by vulsel.
Nota:
As vulsel te min is, maak dit maar dubbel en gebruik res vir ‘n nagereg.
Sny ‘n paar lemoene in mooi skyfies nie te dun nie.
Kook die suiker en water tot opgelos en kook lemoenskywe daar in tot amper droog. Haal die skywe uit en laat afkoel op ‘n draadrakkie.
Pak die lae op mekaar met die vulsel tussen die lae en versier die koek bo-op met die vulsel en lemoenskywe.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk












