Your Recipe Blog

VARKWORSIES IN KERRIESOUS

VARKWORSIES IN KERRIESOUS

  • 600 – 800 g varkworsies
  • olie
  • 2 uie, gekap
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 2 ml borrie
  • 30 ml koekmeel
  • 375 ml hoenderaftreksel
  • 45 ml blatjang
  • 15 ml appelkooskonfyt

Panbraai die varkworsies tot bruin en gaar in bietjie olie in ‘n warm pan op die stoof.
Skep die worsies uit en plaas eenkant.
Soteer die uie in die pan-olie tot glasesig en gaar, voeg die kerriepoeier en borrie by en soteer vir 1 min.
Sprinkel die koekmeel oor die uie, voeg die aftreksel by en roer vinnig deur sodat klonte te vorm nie.
Voeg die blatjang en appelkooskonfyt by en roer deur.
Kook die sous vir ongeveer 5 min.
Plaas die worsies terug in die pan by die sous en roer deur.
Proe die sous en voeg sout en peper na smaak by indien verkies.
Bedien met kapokaartappels.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page