UIE BLATJANG
Ek het uie blatjang gekook. Ek het by my kinders gekuier en hulle nie die kerriepoeier gehad het wat ek as ‘n reël gebruik nie, het ek Rajah Mild Masala en Rajah Flavoured and Mild Kerrie poeier gemeng. Dit is ook hoekom die kleur bietjie donker is. Ek moes dit meng want daar was ook nie genoeg van die een gewees nie![]()
- 2 kg uie, gesnipper ( skywe gesny werk net so goed)
- 3 koppies witsuiker
- 750 ml witasyn
- 3 eetlepels kerriepoeier (medium)
- sout na smaak
- 1 eetlepel maizena
Kook die uie in die asyn tot sag. Roer die ander bestanddele by en laat kook oor lae hitte vir ongeveer ‘n uur.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Resep en foto: Renate Visser












