TUISGEMAAKTE BROSDEEG HORINKIES
My weergawe het vandag baie mooi uitgekom. Baie in my skik, dis miskien net te groot.
- 250 ml bruismeel
- 500 ml koekmeel
- 250 ml Maizena
- knippie sout
- 250 g bak margarien
- 200 ml yswater
Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die margarien by die droë bestanddele in tot dit lyk soos mieliemeel.
Voeg die yswater by en meng tot ‘n sagte deeg, ek het bietjie meer yswater gebruik.
Plaas die deeg in die yskas vir ‘n halfuur (ek het dit nie gedoen nie).
Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Sny die deeg in dun repies.
Draai die repies om die voorbereide horingvormpies.
Ek het die vormpies se onderpunte natgemaak met water.
Verf eiergeel bo-oor die deeg en plaas die vormpies op ‘n bakplaat.
Bak die horinkies in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute.
Nota:
Ek het die metaal-vormpies gebruik en dit met foelie oorgetrek, ook gespuit met kleefwerende kossproei en die punte gesmeer met water.
Rina Kleinhans – Pragtig gekom. Onthou in die toekoms, elke horinkie moet net so 4 of 5 keer gedraai word met die repie deeg, dan is hulle ‘n mooi grootte.
Resep en foto: Marinda Knuffel