Your Recipe Blog

TINA SE BANTING BROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 55 minute

TINA SE BANTING BROODJIE

  • 1 koppie amandel/klappermeel
  • 1 koppie gemengde saadjies
  • 60 ml  psyllium skil (psyllium husks)
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 teelepel of minder sout
  • 6 eiers
  • 1 koppie Griekse/Bulgaarse jogurt (ek het double cream gebruik)
  • saadjies, vir bo-op

Meng droë bestanddele.
Klits eiers en voeg by, meng goed.
Voeg jogurt by en meng goed.
Sit bakpapier in ‘n broodpan, smeer goed, skep die deeg in die pan.
Strooi bietjie saadjies oor en druk effens vas.
Bak teen 180°C vir 45 – 55 min.

Nota:
Ek het dit by my niggie se dogter gekry, maar self 2 gebak, een met klappermeel en besluit om van my “double cream” jogurt te gebruik. Die klappermeel ene se deeg was bietjie fermer as die amandelmeel s’n. Dis ongelooflik vullend. Baie lekker, maar my man wil dit nie eet nie – te grof vir hom!

Resep en foto : Tina Botha

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page