Your Recipe Blog

KOEKSTRUIF MET PANNACOTTA

KOEKSTRUIF MET PANNACOTTA

  • Eerste laag:
  • 1 pakkie jellie, vervang die koue water met sap of vonkelwyn
  • Tweede laag: Pannacotta
  • 3 teelepels gelatien, gemeng met bietjie koue water
  • 250 ml room
  • 200 ml laevet melk
  • vanilla saadjies of die gekonsentreerde een
  • 55 g fyn suiker
  • 5 eetlepels frangelica, of na smaak
  • 150 ml plein laevet jogurt
  • Ekstra:
  • vla
  • rolkoek, in skywe gesny
  • neute van u keuse
  • 1 blikkie gekookte kondensmelk / karamel
  • 250 ml room
  • versiering van u keuse: bessies, klein meringue’s en karamel springmielies

Maak die jellie aan soos op die aanwysings en plaas in die mooi glasbak waarin jy die koestruif gaan maak.
Plaas in die yskas om te stol.

Pannacotta:
Verhit die room, suiker, melk en vanilla tot kookpunt.
Draai die hitte af en voeg dan die frangelico en die gelatien by. Meng goed.
Laat koel effe af en klits yogurt by.
Laat nog bietjie afkoel.
Wanneer die jellie laag gestol is, skep die afgekoelde pannacotta versigtig bo-op die jellielaag.
Plaas in die yskas en laat stol.
Skep klein bietjie vla oor die pannacotta en pak ‘n laag rolkoek bo-op en aan die kante soos in die foto.
Skep nou nog vla met neute en lepelsvol gekookte kondensmelk.
Klits die gekookte kondensmelk wat oor gebly het saam met die room tot styf en skep bo-op.
Versier met bessies, meringue en selfs karamel springmielies of soos verkies.

Resep en foto: Amorien Stander

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page