Your Recipe Blog

TESSIE SE MAKLIKSTE EN HEERLIKSTE YSKAS KAASKOEK

Recipe by
| Servings: 6-8

TESSIE SE MAKLIKSTE EN HEERLIKSTE YSKAS KAASKOEK

  • Kors:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
  • 125 g margarien, gesmelt

Maak ‘n kors aan met gesmelte margarien en fyn tenniskoekies.
Druk vas in gesmeerde losboom koekpan.
Bak die kors vooraf vir 5 minute in ‘n voorafverhitte oond teen 180ºC.

  • Vulsel:
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 houertjie fyn maaskaas, ongegeur
  • 250 ml vars room
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 pakkie suurlemoen jellie (maak aan met 1 koppie kookwater)

Klits die kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap saam.
Los die jellie op in kookwater en as dit koud is (dit moet nie heeltemal stol nie), voeg by kondensmelkmengsel.
Klits die room styf en vou styfgeklopte room by kondensmelkmengsel in.
Giet die vulsel in die kors en plaas in die yskas.

  • Jellie bolaag:
  • 1 pakkie jellie
  • 1 koppie warm water
  • 1 koppie koue water

Los die jellie op in die warm water en voeg die koue water by.
Plaas in die yskas tot dit net wil begin stol, giet die jellie bo op die kaaskoek en hou verkoel.

Nota:
Jy kan enigiets anders ook gebruik om bo-op te sit soos vrugte, ens, nes jy verkies.

Resep en foto’s – Kokkedoor Tessie Els Kemp

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page