Your Recipe Blog

TAMATIEVIS LASAGNE

TAMATIEVIS LASAGNE

Ons aandete: Goedkoop, maklik en vinnig om te maak.

  • 2 blikkies tamatievis (pulchards in tamatiesous)
  • 1 ui, in blokkies gesny
  • 1 blikkie tamatie en uiesmoor
  • 500 g macaroni
  • blatjang, opsioneel
  • gerasperde kaas

Kook die macaroni tot gaar en hou eenkant.
Braai die uie tot bruin en voeg die tamatievis by.
Braai en roer dit redelik fyn. Voeg bietjie blatjang by indien verkies.
Smeer ‘n glasbak met bietjie botter en pak in lae: helfte macaroni, tamatie en uiesmoor, kaas, tamatievismengsel, dan weer die res in dieselfde volgorde, tot alles gebruik is. Genoeg kaas vir bo-oor.
Bak in oond by 180ºC tot kaas lekker gesmelt het en alles deur warm is.

Resep en foto: Nico-Jenny van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page