Your Recipe Blog

SUURDEEG GEMMERBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 55 min

SUURDEEG GEMMERBROOD

  • 1½ koppie bruinsuiker
  • 1 koppie lemoensap
  • 1 teelepel kaneel
  • 10 eetlepels gemmer
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 koppie koekmeel
  • ¼ koppie sonneblomolie
  • 2 groot eiers

Smelt die suiker en lemoensap saam en voeg die kaneel en gemmer by. Meng tot suiker opgelos is.
Laat goed afkoel, moet jou vinger daarin kan hou sonder om te brand.
Meng die suikermengsel en koeksoda in die suurdeegplantjie in.
Meng die olie en eiers goed, en meng saam met die meel in by die suurdeegmengsel.
Skep in ‘n voorbereide klein pannetjie, en bak by 180ºC vir ongeveer 55 min.

Nota:
Om te voorkom dat die brood met ‘n punt rys, bak teen 170ºC tot die brood gaar toets.

Resep en foto: Michelle Britz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page