SUIKERKOEKIES MET HARDE VERSIERSEL
‘ n Gewone suikerkoekie met Royal versiersel.
- 125 g botter of bak margarine
- 125 g strooisuiker
- 1 medium eier
- 1 teelepel vanilla geursel
- 250 g koekmeel
Verhit die oond tot 180° C.
In ‘n mengbak room die suiker en botter saam.
Voeg die eier en vanilla by en meng deur.
Voeg die helfte van die meel by en meng goed en dan die ander helfte van die meel en meng goed.
Knie deeg goed.
Draai toe in kleefplastiek en plaas in yskas vir omtrent ‘n half uur.
Rol uit, druk af en bak 10 tot 15 min.
Laat afkoel en versier
- Royal versiersel:
- 500 g versiersuiker
- 2 medium eierwitte
- 1 teelepel suurlemoensap
Sif die versiersuiker.
Voeg eierwitte en sap by en klits met elektriese menger 6 tot 7 min tot stywe punt vorm.
As dit te droog lyk voeg nog ‘n teelepel sap by.
As jy dit dunner wil hê, voeg net water druppel vir druppel by tot die tekstuur reg is.
Nota:
Kan verdeel en kleursel byvoeg indien verkies.
Versier die koekies soos verkies.
Resep en foto: Marie Grobler












