Your Recipe Blog

SOETSUUR HOENDERPOTJIE

Cook: ±40 minute

SOETSUUR HOENDERPOTJIE

Genade! My kombuis ruik ongelooflik lekker!!!  Ongelooflik lekker!! Baie, baie dankie!!
  • Hoenderpot:
  • 4 lb beenlose hoenderdye, sonder vel (1.8 kg)
  • 1 blik wortelskywe (500 g)
  • 1 blik gekerfde groenboontjies (500 g)
  • 1 koppie sampioenstukkies
  • Martie se marinade:
  • 300 ml tamatiesous
  • 150 ml blatjang
  • 150 ml heuning
  • sout en peper
  • 10 ml paprika
  • 25 ml Worcestersous
  • 25 ml sojasous
  • 10 ml mosterd
  • 100 ml asyn
  • 100 ml appelkooskonfyt (ek het druiwekonfyt gebruik)
  • 100 ml bruinsuiker
  • 1 ml Tabasco

Meng marinadebestanddele alles goed saam, kook die marinade en voeg hoenderstukke by.
Laat die hoenderstukke in die marinade prut vir ½ uur.
Voeg die wortels, boontjies en sampioene by en meng dit deur.
Prut vir ‘n verdere 10 minute.
Dien op met rys.

Vir meer idees met hierdie marinade, volg die volgende skakel:
https://yourrecipeblog.com/recipes/martie-se-soet-suur-vark/
https://yourrecipeblog.com/recipes/soetsuur-varkpotjie-met-platbrood/

Hoenderpotresep en foto’s:  Drienie Hattingh
Marinaderesep:  Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page