MARTIE SE SOET SUUR VARK
- 1 kg pork belly, sonder vel en in stukkies gesny
- peperkorrels
- lourierblare
Plaas in groot pot met water en prut 40 tot 50 min tot sag. Gooi water weg.
- Marinade:
- 150 ml tamatiesous
- 75 ml blatjang
- 75 ml heuning
- sout en peper
- 5 ml paprika
- 12,5 ml Worcestersous
- 12,5 ml sojasous
- 5 ml mosterd
- 50 ml asyn
- 50 ml appelkooskonfyt
- 60 ml bruinsuiker
- 1 ml Tabasco
Plaas die marinade bestanddele in pot en verhit oor lae hitte vir so 10 min.
Plaas vleis in oondvaste bak, bedek met sous en bak toe by 180°C vir 1 uur.
Opsioneel:
Jy kan ook uie, knoffel, gemmer en wortel bietjie soteer en dit by die sous voeg indien verkies.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman