SALAMI EN SPINASIE SOUTTERT
- 1 pak (200 g) soutbeskuitjies, fyngedruk (bacon kips)
- 90 – 140 g botter, gesmelt
- 100 g (250 ml) cheddarkaas, gerasper
- 100 g salami, gekap en ‘n paar skyfies gehalveer
- 1 bossie spinasie harde stingels verwyder, in repies gesny en gekook
- knippie neutmuskaat
- 3 ekstra groot eiers. geklits
- 250 ml melk
- 25 ml koekmeel
- 2.5 ml mosterdpoeier
- 1 ml rooipeper
- 2 ml sout
Verhit oond tot 180°C.
Meng die soutbeskuitjiekrummels en die botter en druk dit vas in ‘n tertbord.
Sprinkel die gerasperde kaas op die tertkors.
Meng die gekapte salami en spinasie en plaas bo-op die kaas.
Strooi die neutmuskaat oor.
Pak die skyfies salami bo-op.
Meng die melk, koekmeel, mosterdpoeier, rooipeper en sout saam en giet oor die vulsel.
Bak sowat 40 minute of tot die eiervla gestol is.
Resep getoets en foto: Natacha Visagie












