Your Recipe Blog

SALAMI EN SPINASIE SOUTTERT

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 4-6

SALAMI EN SPINASIE SOUTTERT

  • 1 pak (200 g) soutbeskuitjies, fyngedruk (bacon kips)
  • 90 – 140 g botter, gesmelt
  • 100 g (250 ml) cheddarkaas, gerasper
  • 100 g salami, gekap en ‘n paar skyfies gehalveer
  • 1 bossie spinasie harde stingels verwyder, in repies gesny en gekook
  • knippie neutmuskaat
  • 3 ekstra groot eiers. geklits
  • 250 ml melk
  • 25 ml koekmeel
  • 2.5 ml mosterdpoeier
  • 1 ml rooipeper
  • 2 ml sout

Verhit oond tot 180°C.
Meng die soutbeskuitjiekrummels en die botter en druk dit vas in ‘n tertbord.
Sprinkel die gerasperde kaas op die tertkors.
Meng die gekapte salami en spinasie en plaas bo-op die kaas.
Strooi die neutmuskaat oor.
Pak die skyfies salami bo-op.
Meng die melk, koekmeel, mosterdpoeier, rooipeper en sout saam en giet oor die vulsel.
Bak sowat 40 minute of tot die eiervla gestol is.

Resep getoets en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5