Your Recipe Blog

ROOSTERKOEK DEEG VIR PIZZA, PITA, JAFELS EN LANG BROODJIES

ROOSTERKOEK DEEG VIR PIZZA, PITA, JAFELS EN LANG BROODJIES

Vanaand het ek met my roosterkoek resep sommer 4 vlieë geklap…  Gali wou ‘n pizza hê, ek het ‘n pita met kaas, tamatie en blaarslaai geeet, dan het ek sommer vir môre jafel broodjies gebak vir ontbyt en footlong buns vir môre aand se worsbroodjies. Die ander pita broodjies vries ek. Die jafel broodjies is ideaal as jy kamp, knie sommer dan net deeg met 2 koppies meel.

  • Deeg:
  • 6 koppies brood- en koekmeel gemeng
  • 45 ml suiker
  • 10 ml sout
  • 1 pakkie gis (10 gram)
  • 3 koppies louwarm water
  • 15 ml olie

Plaas al die bestanddele in ‘n knieskottel en knie baie goed.
Laat rys, knie af en laat weer rys.

Jafel broodjies:
Knyp stukkies deeg af, druk plat en plaas in jafelpan om te rys en bak al kante tot gaar.
Pita:
Rol deeg in balletjies. Druk plat met agterkant van jou hand en rol 5 mm dik uit op meelbestrooide oppervlak.
Strooi liggies meel oor en bedek met ‘n klam doek.
Laat staan ‘n uur om te  rys.
Vou elke sirkel in die helfte en rol weer uit in ‘n 5 mm sirkel.
Sit direk op die oondjie se rakkie.
Bak by 240°C vir 5 tot 6 min tot pofferig en bruin.
Pizza:
Knyp ‘n stuk deeg af. Druk plat met jou hand, rol uit en laat rys.
Sny deeg om glutendrade te breek.  Sny net liggies of jy kan die kors prik met ‘n vurk . Dit is net dat die kors nie baie rys en dat dit egalig bly.
Bak tot gaar ongeveer 12 – 15 min.
Smeer pasta of tamatiesous oor kors,  ek het tamatie, kaasworsie gesny en spek opgesit en 2 kase oor gerasper.
Nota:
Die pitta broodjies bak baie gou in halogene oondjie. Pizza ook in halogene gebak.
Onthou ek het 6 koppies meel geknie, die deeg doen jy nes ek bo geskryf het, en jy laat die deeg rys, knie dit af en laat weer rys, toe het ek die deeg gedeel, ‘n bol afgebreek wat groot genoeg is vir ‘n pizza, die bolletjies afgebreek vir pitas, bietjie groter as ‘n golfbal, en ook vir die footlong broodjies en bolletjies deeg vir jafflepan.
Vir die pita rol jy die balletjies kleinbordie grote, laat rys, strooi met meel en bedek met klam lap en laat rys ‘n uur, vou dubblel, dit help dat die pitta dan oppof en ‘n koevertjie maak, rol weer in ‘n sirkel en bak in oondjie tot dit oppof en gaar is

Resep en foto: Frieda Greyling

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page