ROMERIGE MOSSELS
- 2 blikkies gerookte mossels, in olie, gedreineer maar behou die olie
- 1 groot ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gesny
- ½ groen soetrissie, fyn gesny
- 250 g knopiesampioene, fyn gesny
- 50 – 100 ml vars pietersielie
- knippie peri peri poeier
- 30 ml koekmeel
- 375 ml melk
- 250 ml cheddarkaas, gerasper
- 250 ml room
- sout en peper na smaak
Verhit die mosselolie in ‘n groot pan.
Sorteer die ui, knoffel en soetrissie daarin tot sag en deurskynend.
Voeg die sampioene by en roerbraai tot bruin en gaar.
Voeg die pietersielie en peri peri by en meng deur.
Maak ‘n pasta van die koekmeel en melk.
Voeg by die mengsel en laat prut terwyl aanhoudend geroer word, totdat die mengsel kook en verdik.
Voeg die mossels en kaas by asook die room en laat prut vir 5 minute.
Geur met sout en peper na smaak.
Dien op met pasta.
Resep en foto: Amanda Austen













