PETRÉ SE SKILFERKORSDEEG
- Deeg:
- 1 kg koekmeel
- 1 kg botter/vol-vet margarien
- 1 teelepel sout
- 3 eiergele
- 3 koppies water
- sap van 1 suurlemoen / 45 ml bottel suurlemoensap
- Meel en Kremetartmengsel- Meng goed deur:
- 3 koppies koekmeel (hierdie is ekstra meel, nie deel van die 1 kg meel nie)
- 1 pakkie kremetart
Klits eiergele saam met water en suurlemoensap. Vryf 125 g botter in die meel in.
Deel res van botter in 3 gelyke dele.
Meng eiermengsel met meelmengse, en knie tot ‘n stywe elastiese deeg.
Laat rus 45 minute in die yskas.
Rol deeg in ‘n reghoek uit, en rasper 1/3 de botter oor 2/3 des deeg.
Sprinkel met kremetartmengsel (dit word ook gebruik as uitrol meel).
Vou ⅓ de van die deeg wat nie botter op het oor ‘n ⅓ de van die deeg met botter op, en die wat gevou is oor die ander ⅓ de van die deeg.
Rol uit, en herhaal nog 2 keer. Laat rus vir 45 minute in yskas.
Gebruik soos verkies. Hierdie deeg kan gevries word.
Nota:
Vir die pasteitjies se maak:
Dit is net sirkels wat ek uitdruk. Dit is soos die deeg bak en rys.
Jy kan letterlik die lagies tel. Een sirkel onder, vulsel in die middel.
Smeer die rand met eier of melkmengsel. Plaas een sirkel bo oor, druk mooi vas.
Vir die groot pasteie:
Rol ek die deeg ongeveer 4 mm uit.
Die klein pasteitjies dunner.
Bak by 180°C vir om en by 20 tot 25 minute.
Hierdie deeg kan gevries word.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld