Your Recipe Blog

OUMA ESTHER SE LEKKER LEWERKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 30 koekies

OUMA ESTHER SE LEKKER LEWERKOEKIES

Verskoon my maar, my goed het altyd stories by.
Esther was ons huishulp vir baie jare. Sy kon heerlik kos maak. Dit het my gepas want ek het voldag gewerk. My twee seuns was toe 3 en 1,5 jaar oud. Sy was soos familie en was vir hulle so lief soos ‘n ma. Het hulle altyd genoem Oupa Ryno en Oupa Werner en dan het hulle geantwoord, ja Ouma Esther. Haar naam het gebly. Vandag is hulle al 42/40 en noem haar nog altyd Ouma Esther. Sy is in 2021 oorlede. Ons harte is stukkend. Die lewerkoekies is haar resep. En al maak ek dit nét soos sy sal myne nooit so lekker proe soos hare nie.

  • 1 kg beeslewer
  • 500 g maalvleis
  • 1 groot ui, gerasper of fyngekap
  • 2 eetlepels bruinasyn
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 10 ml Worcestersous
  • sout en peper na smaak
  • 2 groot eiers
  • 250 ml bruismeel
  • olie vir vlak bak

Meng alles bymekaar.
Bak lepelsvol in vlak olie tot goudbruin en gaar aan albei kante.
Ek sê altyd bak eers een en proe en pas sout en peper aan indien nodig.
Bedien saam met kapokaartappels en ertjiesop of saam met aartappelskyfies of gebakte roomaartappel gereg.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page