OORNAG FOCACCIA
As jy bietjie tyd het en/of vooruit beplan, is hierdie die maklikste focaccia wat jy ooit sal maak. Die resep is van alexandracooks.com-en ek het dit al twee keer gemaak, want dis net so maklik en heerlik…en geen knie nie
- 4 koppies broodmeel (512 g)
- 2 teelepels sout
- 8 g kitsgis
- 2 koppies water (455 g water)
- olyfolie
- seesout
- gesnyde soetrissies, grasuie, olywe of roosmaryn
Meng die eerste 3 bestanddele goed saam, en roer dan die water by (as die deeg nog bietjie droog is, voeg net nog ‘n klein bietjie by totdat die deeg net vorm).
Sprinkel ‘n bietjie olyfolie bo-oor die deeg en smeer bo-oor die bokant sodat alles bedek is. Bedek die bak met kleefplastiek (ek “wrap” die bak sommer ‘n paar keer heeltemal), en los in die yskas (enigiets van 18 uur tot 3 dae).
Twee ure voordat jy dit wil bak keer jy die deeg uit in 50 x 30 x 10 cm pan (uitgevoer met bakpapier). Druk die deeg uit met jou vingers sodat die hele pan vol is en laat dit dan nog 2 ure rys op ‘n warm plek.
Sprinkel olyfolie, sout en wat ookal jy bo-op wil sit bo-oor (ek het blomme gemaak met grasuie, soetrissies en olywe) en bak in ‘n voorverhitte oond vir 25 minute by 220ºC tot goudbruin.
Laat effens afkoel, sny en bedien.
Resep getoets en foto: Ilze Jacobs