Your Recipe Blog

MY OUMA SE GROENTESOP

Recipe by
Cook: 3 - 3½ uur.

MY OUMA SE GROENTESOP

“My Ouma se resep wat ek nou nog maak, is so eenvoudig en so lekker! Dis hoe ek dit maak (alles op gevoel). Hier het jy dan die beste sop in die hele werêld. Ek maak dit al vir amper 18 jaar elke winter, en dit is altyd n wenner!”

  • 2 pakke sopgroente (die wat mens by kettingwinkels kry – as jy dit nie kry nie, koop eenvoudig rape, wortels, preie, seldery, pietersilie, aartappels)
  • ½ pak 4-in-1 sopmengsel
  • beesskenkels (soveel soos wat jy wil insit)
  • 1 blik tamatiepuree
  • ¼ koppie witasyn en sout, na smaak

Maak ‘n groot pot (ek gebruik ‘n 8L- pot) halfvol met water en baie sout.
Sit die vleis in en kook op ‘n lae hitte vir omtrent 1 – 1½ uur.
Terwyl dit kook, rasper die rape, wortels en aartapples (skil en al) en sny die seldery, preie en pietersilie fyn op.
Voeg die 4-in-1 sopmengsel, puree en groetne alles saam in die pot en roer mooi deur.
Los om op ‘n lae hitte te kook vir nog omtrent twee uur en roer gereeld deeglik deur om te verhoed dat dit vas brand.
Voeg laaste die asyn by en nog sout na smaak. Ek gebruik gewoonlik so ‘n kwart koppie asyn, maar dit verskil van persoon tot persoon.
Kook net deur en geniet.

Resep en foto: Danielle Liebenberg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page