MOSTERD UIE
- 5 – 6 of meer groot uie, opgesny in ringe
- 750 ml wit asyn
- 2 koppies water
- 60 ml mosterdpoeier
- 10 ml borrie poeier
- 60 ml Maizena
- sout na smaak
Meng die asyn, water, mosterd en borrie saam in ‘n groot kastrol.
Bring tot kookpunt en laat die sous goed deurkook.
Voeg die uie by en kook vir 10 – 15 min.
Voeg die sout by na smaak, ek glo sout gee net daai ektra lekker aan enige resep.
Voeg die Maizina, aangemaak met bietjie water, by die mengsel en kook tot dit verdik.
Bottel die mosterd uie warm, in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Nota:
Jy kan helfde van die uie vervang met opgekerfde kool. Gebruik dieselfde resep.
Resep en foto: Ansie Paul












