MIKROGOLF TUNA EN “CHIPS” TERT
- 170 g (1 blikkie) tuna, gedreineer
- 1 medium ui, opgekerf
- 50 ml blatjang
- 50 ml mayonnaise
- 2 eiers, geklits
- 100 ml volroommelk
- 125 g (1 groot pak) kaas en uie chips, fyngemaak
- 200 ml cheddar kaas, gerasper
Bespuit ‘n 20cm mikrogolfvaste bak met kleefwerende kossproei.
Braai die ui in bietjie olie tot glasig.
Skep uit en meng al die bestanddele saam.
Skep in die tertbak en mikrogolf vir 12 tot 15 min hoog.
Bedien saam met slaai.
Resep en foto : Amanda Austen
Category: