Your Recipe Blog

MIELIEPAP POFFERS MET SPEK

MIELIEPAP POFFERS MET SPEK

Ek’t die naweek Sue se poffertjies gemaak en dit was djeeeerlik.
Ek het die resep bietjie aangepas en dit in my rooi pannetjie oppie kole gedoen. Iets lekker om oor die naweek te maak.
  • 1 koppie gaar slap mieliepap
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 1 eier  geklits
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • olie vir braai
  • ½ gekerfde ui
  • 125 g spek in stukkies gesny (rou)
  • aromat

Laat pap eers bietjie afkoel.
Meng al die bestanddele goed saam, maak seker die pap is nie te warm nie, anders gaan die eiers soos roereiers lyk.
Skep lepels vol in warm olie en braai tot goudbruin.
Sprinkel met aromat.

Resep aangepas en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page