Your Recipe Blog

MELKTERT MET MAKLIKE KORS

MELKTERT MET MAKLIKE KORS

Resep vir die kors: https://yourrecipeblog.com/recipes/melktertkors/

  • Vulsel:
  • 1125 ml melk (1 liter + 125 ml)
  • 30 ml botter
  • 3 eiers
  • 200 ml suiker
  • 80 ml mielieblom
  • 80 ml koekmeel
  • knippie sout
  • kaneel
  • 1 teelepel vanilla geursel

Skei 2 eiers.
Klits die 2 eierwitte styf en hou eenkant.
Verhit 1 liter melk en 30 ml botter in ‘n pot.
Haal van die plaat af voor dit kook.
Draai plaat solank af na prut.
Meng die mielieblom, koekmeel en 125 ml melk in ‘n groterige bak sodat daar geen klonte is nie.
Voeg die suiker, 2 eiergele, sout, vanilla en die ander eier by en meng goed.
Roer die meelmengels by die warm melk in, meng goed en plaas terug op die plaat.
Roer aanhoudend met houtlepel totdat dit dik word.
Hou die plaat op prut anders gaan dit aanbrand.
Wanneer die mengsel dikkerig is, haal van die plaat af en roer die geklitse eierwit by en meng goed.
Skep die vulsel in die tertkors.
Laat eers afkoel voordat die kaneel oorgestrooi word.
Laat rus in die yskas totdat dit goed gestol het.
Genoeg vir 2 groot foelie tertpannetjies.

Resep en foto : Debbie Griessel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page