MELKTERTKORS
Hierdie kors kan gebruik word vir enige soet tert as basis.
- ½ koppie botter
- ½ koppie witsuiker
- 1 eier
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
Klits die botter, suiker en eier saam. Meng daarby die meel en bakpoeier. Meng tot ‘n deeg.
(Nie alle eiers dieselfe groote nie, voeg nog ‘n eier by as dit droog bly)
Druk deeg in foil pannetjies baie dun vas. Steek vol gaatjies met ‘n vurk.
Bak by 180°C vir 10 minute.
Verf ‘n geklitse eier bo oor en bak vir nog 5 minute tot mooi bruin.
Laat afkoel en gebruik of vries dit vir ‘n ander dag.
Nota:
Indien jy die kors uit die pannetjie wil verwyder, maak dit bietjie dukker en bak dit blind, anders sal dit breek as dit te dun uitgedruk is.
Resep en foto: Debbie Griessel