MAUREEN SE SPESERYKOEKIES
Hierdie koekies is met my moeder se resep gemaak. Te heerlik. Dis een van daai resepte wat die reuk jou dadelik terug vat na jou kinderdae.
- 6 koppies koekmeel
- 6 teelepels bakpoeier
- 250 g Rama
- 2 koppies suiker
- 3 eiers
- 1 teelepel gemmer
- 1 teelepel kaneel
- ½ teelepel koeksoda in ‘n bietjie melk op gelos
- ekstra eier vir oorsmeer
Room Rama en suiker saam.
Klits eiers en koeksoda by die suikermengsel.
Sif droë bestanddele saam en voeg by, meng goed deur.
Dit maak stywe deeg, rol klein balletjies, pak op ‘n voorbereide bakplaat en druk effens plat. Smeer geklitste eier oor en bak teen 190°C vir 10 – 12 minute.
Nota:
Ek rol deeg uit en gebruik ‘n koekiedrukker. Ek sit ook nie eier oor voor ek dit bak nie.
Versiering:
https://yourrecipeblog.com/recipes/royal-icing-met-actiwhite/
Resep geplaas deur Jacqui Van Zyl Hodgkinson
Foto: Jacqui Van Zyl Hodgkinson