MARIA SE TUNA SOUFFLE’S
- Braai die volgende saam in botter en laat afkoel:
- 1 ui, gekerf
- ½ groen soetrissie, gekerf
- ½ rooi soetrissie, gekerf
- Meng die volgende saam:
- 4 eiers
- 2 blikkies gedreineerde tuna
- ½ koppie melk
- ½ teelepel bakpoeier
- 1 teelepel paprika
- ½ teelepel rooipeper
- sout en peper na smaak
- Ekstra:
- mozarella kaas, gerasper vir oorstrooi
Meng koue gebraaide mengsel by die tunamengsel in.
Skep in gespuite muffin pannetjies, half vol en strooi mozarella kaas bo-oor.
Bak ongeveer 10 min op 180ºC en ekstra 5 min met grill aan.
Resep: Maria Combrink
Foto: Rika Olivier
Category:












