MANDARYN VERSUIKERDESKIL HAPPIE
“Het dié Mandarine Candies in ‘n video gesien en vandag gemaak. Dit is vir my baie lekker.
Dit word hard soos Candy. Jy kan dit so geniet of saam met patats voorsit.”
- ±7 mandaryne se skille
- water, om skille te bedek
- 1 koppie water, vir stroop
- 1 koppie suiker, vir stroop
- suiker, om skilsnippers in te rol
Was skille goed af.
Snipper met skêr in repies.
Bedek snippers met water en kook vir vyf minute. Dreineer.
Plaas 1 koppie water en 1 koppie suiker in ‘n kastrol op warm plaat en los suiker op.
Voeg die snippers by, kook oor medium hitte. Roer kort-kort sodat dit nie aanbrand nie.
Hou aan kook totdat stroop dik word (die stroop word natuurlik minder soos dit kook).
Strooi suiker in ‘n bord/bak (nie te veel nie – jy kan altyd weer byvoeg).
Haal van die snippers uit – ek het vurk gebruik, want jy wil nie stroop skep nie.
Plaas die snippers bo-op die suiker in bord/bak en rol in suiker.
Haal uit en plaas op ‘n bord of plaat.
Ek het dit bo-op bakpapier geplaas sodat dit kan droog word.
Met die droogproses word die snippers harder.
Bêre in ‘n houer wat lugdig seël en geniet.
Nota: Rina Kleinhans –
Ons maak dit ook so om op vrugtekoeke te gebruik vir versiering.
Resep en foto: Madeleine van Zyl












