Your Recipe Blog

MAKLIKE TRIFLE OF KOEKSTRUIF

MAKLIKE TRIFLE OF KOEKSTRUIF

Jellie, koekies en room bly maar ‘n treffer. Ek is vraatsig, so ek maak die resep groot aan.

  • 6 – 8 pakkies jellie
  • 2 sakkies “Orley whip”
  • 1 ½ pakke vingerkoekies (Boudoir)
  • 1 groot blik vrugtekelkie
  • soetwyn, opsioneel

Maak die jellie aan met helfte van die water, en laat dit stol.
Sny die jellie in blokkies wanneer gestol.
Klits die room styf.
Week die vingerkoekies in of soetwyn of die blik vrugte se sous.
Pak die bestanddele in lae in ‘n glasbak, koekies, jellieblokkies, vrugtekelkie en eindig met die room.
Hierdie poeding eet ek tot op maagpyn stadium.

Resep en foto: Nicolene Mynhardt Steyn

MAKLIKE TRIFLE MET KITSPOEDING

Ek het hierdie resep al baie gemaak, veral toe die seuns nog in die huis was. Hoeveelhede kan jy aanpas na wat die behoefte is.

  • Tennisbeskuitjies, opgebreek in kleiner stukke
  • karamel kitspoeding, aangemaak en laat stol
  • lekker sagte piesangs, in skyfies gesny
  • stywe vla, afgekoel
  • room, styfgeklits
  • neute en kersies, stukkies

Pak die bestanddele in ‘n diep glasbak in lae.
Begin met Tennisbeskuitjies, kitspoeding, piesangskyfies, vla en laaste room.
Indien jy genoeg maak en die bak is groot genoeg kan jy twee lae pak.
Wanneer jy laastens die room bo-op skep, versier met die kersies en neute.
Laat die trifle oornag in die yskas staan.
Klink eenvoudig maar dit is régtig baie lekker.

Resep: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page