1 BESTANDDEEL ROOMYS EN MELKSKOMMEL
Baie dankie vir almal se hulp vandag. Die roomys en melkskommel was ‘n sukses, sal verseker hierdie produk aanhou gebruik.
- Roomys:
- 1 kg “First Choice Velvet dessert”, geur van jou keuse, yskoud
Verkil die nagereg suiwel oornag in die yskas.
Klits die koue produk die volgende dag met ‘n klitser op hoë spoed tot dik, plaas die bak in die vrieskas vir 30 min. Herhaal die proses 4 maal en plaas die roomys daarna in die vrieskas vir ten minste 3 ure voor gebruik.
- Melkskommel:
- 500 ml “First Choice Velvet dessert”, geur van jou keuse, yskoud
- 10 ysblokkies, opgebreek so groot sooos R2 munte
- 4 eetlepels van die “First Choice” roomys wat jy gemaak het
Voeg die bestanddele in ‘n “blender” en klits op hoë spoed vir 5 minute.
Toets die melkskommel, maar na 5 minute behoort die tekstuur reg te wees.
Notas:
Flipkotie Olivier
Die produk moet baie koud wees voor jy begin. Ek het die bak waarin ek klits en die produk yskoud gehou die heeltyd.
Wendy Devos
Ek het die sjokolade geur al baie gebruik om roomys te maak. Klits, plaas in vrieskas vir 30 min, klits weer, plaas terug in vrieskas vir 30 min. Gewoontlik doen ek die proses so 3 of 4 keer vir lekker roomys.
Cecil Parsons
Kry “popsicle moulds” met stokkies. Giet die produk net so in die gaatjies en vries, heeeeerlik, elke keer.
Gezina En Hennie Gouws
Ek maak mousse met die produk. Klits dit styf en plaas in yskas, plaas helfte van die tyd in die vrieskas dat dit baie, baie koud word, daarna klits ek dit tot ‘n mousse. As jy die mousse in die vrieskas sit dan word dit roomys!!
Resep en foto: Flipkotie Olivier