Your Recipe Blog

LORRAINE SE OMELET

Recipe by

LORRAINE SE OMELET

Ek het in 1976 matriek geskryf. Huishoudkunde was een van my vakke. In die begin het ons baie basiese dinge geleer oor hoe om kos te maak. Later het ek my eie stempel op dit gesit en aangepas.
Een ding wat ek tot vandag toe maak soos my Huishoudkunde onderwyseres my geleer het, is ‘n omelet. Sy sou trots op my gewees het.
  • 2 ekstra groot eiers
  • 1 eetlepel water
  • bietjie sout en peper

Klits alles saam.
Smelt bietjie botter in ‘n pan.
Giet eiermengsel in pan.
Verminder stoofplaat se hitte.
Wikkel versigtig die omelet se rand los met ‘n eierspaan en laat loop nat eiergeel daarin.
As dit blase vorm, tik die blase net liggies met eierspaan.
Heel laaste sit ek ‘n deksel op vir so 30 – 60 sekondes tot al die geel eiergeel gaar is.

Nota:
Afhangende van my vulsel sal ek dalk bietjie gedroogde kruie in eiermengsel voeg voor ek dit bak.

Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand

One Review

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page