MAKLIKE SKILFERKORSDEEG MET SODAWATER
Foto: Marié Fourie
Het nog sodawater deeg in yskas gehad (vir 2 weke) en besluit om appeltert te bak met die deeg. Twee blikkies appel stukke gebruik en gemeng met bietjie suiker en kaneel. Die deeg onder in die tertbak gesit, vulsel ingeskep , van die deeg weer bo oor gevleg. Bak by 180 ºC vir 30 min.
- 500 g ongesoute (koue) botter
- 500 g koekmeel
- 250 ml sodawater
- 15 ml brandewyn of suurlemoensap (ek gebruik suurlemoensap)
- Sny botter in blokkies.
- Sif meel en voeg botter by en meng effens deur.
- Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
- Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek.
- Laat rus in yskas vir 30 minute.
- Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
- Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
- Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is.
- Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly.
- Rol uit en gebruik soos verkies.
- Hierdie deeg vries baie goed en hou ook goed in die yskas. Bak teen 180ºC.


