Your Recipe Blog

MAKLIKE MELKTERT

MAKLIKE MELKTERT

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 4 blikkies melk
  • 4 eiers, geklits
  • 5 opgehoopte eetlepels Maizena
  • ¼ teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies, gekrummel
  • 80 – 100 ml gesmelte botter

Meng die koekiewkrummels en gesmelte botter en druk vas in ‘n tert bak wat gespuit is. Plaas in die yskas terwyl die vulsel gemaak word.
Verhit kondensmelk, 3½ blikkies melk en vanilla geursel.
Meng ½ blikkie melk en Maizena tot glad.
Klits eiers en meng met melk en Maizena.
Wanneer melk begin kook, draai die hitte af en voeg die Maizenamengsel stadig by terwyl jy aanmekaar klits, voeg die sout by en hou aan roer tot gaar in dik.
Skep oor koekiekors en besprinkel met kaneel. Laat afkoel en verkoel verder in yskas vir 2 ure.

Resep geplaas deur Lelane van der Walt
Foto:  Lelane van der Walt

One Review

  1. Zee

    Maklike resep om te volg en bake lekker. Bake beindruk met my eerste Melktert. Resep is ‘keeper.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page