Your Recipe Blog

MAALVLEISHAPPIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

MAALVLEISHAPPIES

Ek het die resep by my skoonsus Sonja Robinson gekry. Dit was ‘n absolute wenner.

  • 500 g gaar gegeurde maalvleis
  • 250 ml melk
  • 3 eiers geklits
  • 120 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 1½ teelepel bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2 ml Aromat

Meng alles saam buiten die maalvleis.
Spuit klein kolwyntjie pannetjie met Spray and Cook.
Skep 1 teelepel deeg in elke gaatjie in die gesmeerde pan, skep dan 1 teelepel gaar maalvleis bo-op die deeg,  dan weer 1 teelepel deeg bo-oor die maalvleis.
Bak op 180ºC vir 30 min of tot ligbruin.

Resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie
Foto:  Sheila Marsburg Troskie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page